Local newsNewsNewsBreaking News

Trek maar sinkbad en koolstoof nader

Peet Schabort is een van Vaalweekblad se getroue lesers en het hierdie oulike foto ingestuur om ander inwoners te wys dat mens nie so maklik toelaat dat die lewe jou onder kry nie. Peet vertel: “Ons hier in Deneysville het op 2 Januarie die heeldag nie water in die pype gehad nie. Gelukkig in my …

Peet Schabort is een van Vaalweekblad se getroue lesers en het hierdie oulike foto ingestuur om ander inwoners te wys dat mens nie so maklik toelaat dat die lewe jou onder kry nie.

Peet vertel: “Ons hier in Deneysville het op 2 Januarie die heeldag nie water in die pype gehad nie. Gelukkig in my kindertyd op Trichardt in die tyd van apartheid het ek groot geword sonder elektrisiteit en geen munisipale water nie (my pa moes self sorg vir boorgatwater) en ja, die nou se dae se gehate ‘bucket system’ was ook met ons. Dankie tog dat ek die sinkbad gehou het anders moes ek vuil gaan slaap! Tog ‘n jammerte dat ek wel met die koolstoof  intussen  weggedoen het, want lyk my ons beweeg terug na daardie tyd.”

Hy het maar daardie aand sy sinkbad gevul en gebad dat die water spat!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button