NewsNewsBreaking News

2019-matrieks gaan sukkel om werk te kry

Meer as 500 000 graad 12’s is nou klaar met skool en moet nou werk soek. Maar sake lyk maar duister vir die jong werksoekers. Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van 2019 tot 29,1% gestyg – die hoogste koers in meer as 16 jaar, terwyl die werklike werkloosheidsyfer nader aan 40% is. …

Meer as 500 000 graad 12’s is nou klaar met skool en moet nou werk soek.

Maar sake lyk maar duister vir die jong werksoekers. Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van 2019 tot 29,1% gestyg – die hoogste koers in meer as 16 jaar, terwyl die werklike werkloosheidsyfer nader aan 40% is.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie word steeds beïnvloed deur gedempte ekonomiese groei en ‘n trae groeivooruitsigte,” sê Lyndy van den Barselaar, besturende direkteur van ManpowerGroup SA.

Boonop blyk dit dat jeugdiges minder geneig is om werk te kry of in die arbeidsmark opgeneem te word as ouer mense. Hulle gebrek aan ervaring tel teen hulle, en dus kry ouer mense met meer werkervaring voorkeur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button