Baie honde wag steeds vir hul eienaars by DBV
Die plaaslike DBV-takke in Vereeniging en Vanderbijlpark/Sasolburg moes oor die nuwejaar bontstaan en hoewel hul daarin kon slaag om heelwat diere te red, was daar natuurlik ook hartseergevalle. In een geval moes hulle ‘n hond wat uit vrees tussen ‘n huis en ‘n muur vasgesit het help bevry. Die beamptes moes ook ongelukkig vier honde …
Die plaaslike DBV-takke in Vereeniging en Vanderbijlpark/Sasolburg moes oor die nuwejaar bontstaan en hoewel hul daarin kon slaag om heelwat diere te red, was daar natuurlik ook hartseergevalle.
In een geval moes hulle ‘n hond wat uit vrees tussen ‘n huis en ‘n muur vasgesit het help bevry. Die beamptes moes ook ongelukkig vier honde uitsit, wat in so ‘n mate beseer was dat hulle nie gered kon word nie. Dit is diere wat uit vrees op die vlug geslaan en voor motors ingehardloop het.
Talle honde is ook beseer wat in hul paniekbevange toestand deur heinings en palisades probeer vlug het. Daar is geen manier hoe die mensdom se pret soveel pyn en lyding kan regverdig nie!
“Sowat 60% van die honde wat ons gered het is weer met hul eienaars herenig. Die ander 40% wag nog veilig in ons hokke dat hul eienaars hul kom opeis,” sê Marlien Pieterse, bestuurder van die plaaslike DBV-takke.
Inwoners word aangeraai om verlore honde altyd na die plaaslike DBV-takke in Vanderbijlpark en Vereeniging te neem. Dit is ook die eerste plek waar daar na jou verlore viervoetkind gesoek moet word as hy verlore is.
* Die DBV kan tydens werksure by 016 422 1505 of 083 292 5862 gekontak word.



