Dis Windpomp Boeremarktyd in Meyerton
MEYERTON. – Die eerste Windpomp Boeremark van die jaar word Saterdag (18 Januarie) van 09:00 tot 14:00 op die plaas Kookfontein op die Plaaskombuis-pad gehou. Soos altyd sal dit ‘n lekker boeremark wees, maar Saterdag sal daar ook ‘n “garage sale” wees vir inwoners wat oortollige goedjies (of Kersgeskenke) ontslae wil raak. Retha Calitz, die …

MEYERTON. – Die eerste Windpomp Boeremark van die jaar word Saterdag (18 Januarie) van 09:00 tot 14:00 op die plaas Kookfontein op die Plaaskombuis-pad gehou. Soos altyd sal dit ‘n lekker boeremark wees, maar Saterdag sal daar ook ‘n “garage sale” wees vir inwoners wat oortollige goedjies (of Kersgeskenke) ontslae wil raak.
Retha Calitz, die beplanner van die mark, vra ook dat uitstallers en besoekers asb. hul liefdadigheidsprojek vir Januarie sal ondersteun. Die projek is skoolbenodigdhede vir minderbevoregte kinders. Die houers met skoolbehoeftes kan in koerantpapier toegedraai word, met ‘n pienk lint vir dogters of blou lint vir seuns.
Alle ondersteuning sal opreg waardeer word. Vir nadere besonderhede kan Retha by 083 278 8720 gekontak word.



