35-jarige fietsryer op R42 raakgery
‘n 35-jarige man is vanoggend ernstig beseer na hy op sy fiets op die R42 in Vanderbijlpark deur ‘n motoris raakgery is. Nooddienspersoneel van ER24 het omstreeks 08:50 op die ongelukstoneel opgedaag en die man langs sy fiets langs die pad gevind. Hulle het hom deeglik ondersoek en gevind dat hy veelvuldige ernstige beserings opgedoen …

‘n 35-jarige man is vanoggend ernstig beseer na hy op sy fiets op die R42 in Vanderbijlpark deur ‘n motoris raakgery is.
Nooddienspersoneel van ER24 het omstreeks 08:50 op die ongelukstoneel opgedaag en die man langs sy fiets langs die pad gevind. Hulle het hom deeglik ondersoek en gevind dat hy veelvuldige ernstige beserings opgedoen het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het vertel dat hulle op die toneel behandel het vir pyn, voordat hy na die Kopanong Hospitaal in Vereeniging geneem is vir verdere behandeling.
Die bestuurder van die voertuig wat in die ongeluk betrokke was, het geen beserings opgedoen nie. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die saak word verder ondersoek.



