NewsNewsBreaking News

Wat skuil alles in die Vaalrivier?

Daar was al baie gerugte van inwoners wat krokodille in die Vaalrivier gesien het, en hoewel dit reeds verskeie keer waar was, was dit darem elke keer baie klein krokodille gewees wat nie gevaar vir die mens ingehou het nie. Maar selfs baba krokodille moet grootword of hoe? En niemand wil selfs deur ‘n klein …

Daar was al baie gerugte van inwoners wat krokodille in die Vaalrivier gesien het, en hoewel dit reeds verskeie keer waar was, was dit darem elke keer baie klein krokodille gewees wat nie gevaar vir die mens ingehou het nie.

Maar selfs baba krokodille moet grootword of hoe? En niemand wil selfs deur ‘n klein krokodil of selfs likkewaan gebyt word nie. Maar die rivier is groot en breed, en inwoners word aangeraai om maar altyd versigtig te wees en “die onverwagse te verwag”.

Soos nou die geval toe die 15-jarige Hesmari van Loggensberg deur ‘n krokodil gebyt is terwyl sy saam met twee maats in die Elandsrivier naby Swartruggens baljaar het. Sy het vermoedelik op die krokodil getrap waarna hy haar aan die been gebyt het. Die twee seuns wat saam met haar geswem het, het net skielik gehoor hoe sy gil. Hulle het hulp by die eerste beste woning gaan soek, waarna twee mans Hesmari gehelp het. Sy is later per ambulans hospitaal toe geneem.

Die mans het glo die krokodil gesien.  Hesmari het verskeie bytwonde aan haar been opgedoen.

Die Department van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Konserwasie en Toerisme het onmiddelik dierebeheerspesialiste ontbied om die krokodil te probeer opspoor. Die soektog na die krokodil duur voort.

“Natuurlik verwag mens nie dat daar ‘n krokodil in die Elandsrivier kan wees nie. Ons is egter bewus van krokodilplase in die area. Daar sal deeglik ondersoek word waar die krokodil vandaan gekom het en regstappe sal volg. Die departement gaan intussen waarskuwingsborde aanbring oor die moontlikheid van krokodille in die rivier,” beklemtoon mnr.  Jonathan Denga: Direkteur: Biodiversiteitbestuur.

 

Interessante feite:

 

  • Die Vaal Rand Polsie se watervleuel het oor die jare die gerapporteerde gevalle van krokodille in die Vaalrivier hanteer.  Daar is reeds voorheen bevestig dat daar beslis krokodille in die Vaalriviersisteem is, insluitend Kliprivier en Suikerbosrivier. Indien inwoners wel ‘n krokodil teëkom word hulle aangeraai om nie die krokodil self te probeer vang nie. Dit is ook teen die wet om ‘n krokodil sonder ‘n permit te skiet.
  • Krokodille woon in rivieremere en damme . Soutwater-krokodille is gewoonlik groter as dié wat in varswater leef. Alhoewel krokodille die meeste van hul tyd in die water deurbring, kan hulle ook uitkom en op land rondloop. Krokodille kan nie onderwater asemhaal nie. Hulle kan egter hul asems baie lank onder die water ophou. Krokodille (orde Crocodylia) is die nouste lewende verwante van die dinosouriërs. Hoewel die pote geweb is, is die gespierde stert die eintlike swemorgaan. Die reptiele is tipiese oewerbewoners wat bedags meestal in die son lê en teen die aand in die water teruggly. Hulle vreet visse, voëls en klein soogdiere, terwyl die groter spesies ook perde, beeste, wildsbokke en selfs mense aanval. Die voortbestaan van die meeste krokodilspesies word ernstig bedreig omdat sulke hoë pryse vir krokodilleer betaal word. Krokodille bewoon die aarde al sowat 200 miljoen jaar.
  • Die likkewaanfamilie (Varanidae) omvat 30 spesies, waarvan die lengte kan wissel tussen 20 cm en 300 cm (die Komododraak). Hoewel daar ‘n groot verskeidenheid van lengtes bestaan, lyk die 30 spesies baie na mekaar. Alle likkewane het langwerpige lywe, smal koppe wat duidelik deur middel van ‘n lang nek van die lyf geskei word, sterk, stewige pote en ‘n lang, gespierde stert. Die sterk, gevaarlike kloue stel die dier in staat om rats en vinnig te beweeg en goed in bome of oor rotse te klouter. Die stert is dikwels sydelings afgeplat en word as ’n swemorgaan en wapen gebruik.
    Illustrasiefoto van ‘n krokodil.
    Illustrasiefoto van ‘n likkewaan.

     

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button