19-jarige vragmotorbestuurder beseer
‘n 19-jarige vragmotorbestuurder is ersntig beseer toe hy beheer oor die voertuig verloor en die vragmotor gerol het. Die ongeluk het vanoggend op die R42 in Loch Vaal, Vanderbijlpark gebeur. Nog twee mans, onderskeidelik 26 en 39 jaar oud, wat passasiers in die vragmotor was, het ook ligte beserings opgedoen. ER24 se nooddienspersoneel het omstreeks …
‘n 19-jarige vragmotorbestuurder is ersntig beseer toe hy beheer oor die voertuig verloor en die vragmotor gerol het. Die ongeluk het vanoggend op die R42 in Loch Vaal, Vanderbijlpark gebeur.
Nog twee mans, onderskeidelik 26 en 39 jaar oud, wat passasiers in die vragmotor was, het ook ligte beserings opgedoen. ER24 se nooddienspersoneel het omstreeks 09:25 op die ongelukstoneel opgedaag waar die vragmotor langs die pad op sy dak gevind is. Die twee passasiers het op die toneel rondgeloop, maar die erg-beseerde bestuurder het langs die vragmotor gelê. Hy is op die toneel behandel en daarna na Mediclinic Emfuleni geneem vir verdere behandeling.
Plaaslike polisie was op die ongelukstoneel en die saak word verder ondersoek.



