NewsNews

Hier is die wenners van 2019 se Matriekwedstryd

Vir die meer as 400 matrikulante (individue en paartjies) wat vir Vaalweekblad en Ster se Matriekafskeidwedstryd ingeskryf het, is die lang wag nou verby en vandag kan Vaalweekblad die wenners aanwys! Byna 5 000 stemme is in die wedstryd uitgebring.

1. Jenna Teigao van HS Drie Riviere het die meeste stemme ontvang (192) en stap weg met die titel as deftigste Matrikulant van die Jaar. Sy wen R1 500 kontant van Vaalweekblad, ‘n bederfbehandeling by Adara Beauty Spa in Vanderbijlpark en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender.
2. In die tweede plek is Mishca Fitzpatrick en Nathan van Rooyen van Destinata. Hulle wen R500 kontant, ‘n bederfbehandeling by Adara Beauty Spa en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender.
3. Zandri J. van Rensburg en Arno Nortjé van HS Driehoek is in die derde plek en wen R500 kontant, ‘n bederfbehandeling by Adara Beauty Spa en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender. 4. Chantelle van den Berg is vierde en wen R500 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender.
5. In die vyfde plek is Wynand Kruger (HS Driehoek) en Chané Laing. Hulle wen R500 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender.
6. Edmund Booysen en Verna Laurens (HS Driehoek) is sesde en wen R200 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender.
7. Jeane van Dam (Transvalia) is sewende en wen R200 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender. 8. Carel Nel (Transvalia) en Nicole Zeelie is in die agtste plek en wen R200 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender. 9. Negende is Zandri Strydom en Kenneth Stadeler (HS Driehoek). Hulle wen R100 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender. 10. Michael McDonald en Chelsea van Driesel (HS Drie Riviere) wen R100 kontant en ‘n etebewys van R300 by Turn n Tender. Een gelukkige leser wat aan die verkiesing deelgeneem het, wen ook ‘n prys. Hy is Deon Sonnekus, wie se naam per gelukstrekking gekies is. Deon wen R100 en ‘n geskenkpak. Die wenners kan hul pryse vanaf Maandag, 20 Januarie, by Vaalweekblad se kantore in die Ekspa-gebou, hoek van DF Malan- en Attie Fouriestraat in Vanderbijlpark, kom afhaal. Skakel Retha Fitchat by 083 246 0523 vir meer besonderhede oor die afhaal van jul pryse.
* Vaalweekblad bedank graag ons borge, River Square, Adara Beauty Spa en Turn n Tender Restaurant vir hul pryse en insette om dié gewilde jaarlikse wedstryd vanjaar weer so ‘n groot sukses te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button