NewsNews

Die soektog na die oulikste Graad 1 begin

Is jy die ouer van ‘n kleinding wat vanjaar in Graad 1 is? Skryf hom of haar gerus in vir Vaalweekblad en Ster se Graad 1-wedstryd en staan so ‘n kans om R5 000 as bydrae vir sy of haar skoolfonds vir 2020 te wen!

Hoe om in te skryf: Neem ‘n digitale foto van jou Graad eentjie in sy of haar nuwe skooldrag. Betaal die inskrywingsfooi van R50 en e-pos die bewys van betaling saam met jou kind se foto na nickychillipicnic@ gmail.com. Die R50 moet via EFT aan Chilli PicNic, FNB, 62613589649 betaal word. Gebruik u kind se naam as verwysing. (”Money transfer” is ook aanvaarbaar). Onthou om jou kind se naam en van, sy of haar skool en ‘n kontaknommer in die e-pos waarin jy jou kind se foto stuur, te verskaf sodat Vaalweekblad jou vinnig kan bereik as hy/sy die wenner is.
Foto’s van al die deelnemers sal in die komende weke in Vaalweekblad gepubliseer word. Die kompetisie duur tot middel Maart, maar hoe gouer jy jou kind se die foto instuur, hoe gouer sal dit gepubliseer word. Alle lesers, ouers en hul gesinne kry die geleentheid om vir die deelnemers te stem sodra hul foto’s in die koerant verskyn het. As jy jou kind se wenkans wil verbeter, kan jy op Sondag 19 Januarie ‘n professionele foto by Chilli PicNic se ateljee in Vaalrylaan 14, Vanderbijlpark laat neem.
Kontak fotograaf Nicky by 083 744 7711 vir ‘n afspraak. Bespreking is noodsaaklik. Nicky sal ook ‘n paar skole besoek om foto’s daar te neem. Skole is welkom om afsprake met haar te reël. Ouers kan hul kinders egter ook reeds self inskryf. Stuur ‘n foto na nickychillipicnic@gmail.com of skakel Chilli PicNic by 083 744 7711 vir ‘n private afspraak om ‘n pragtige professionele foto te laat neem. Sy sal ouers ook bystaan om hul kinders amptelik vir die wedstryd te registreer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button