Dihan Schoeman (20) van Meyerton is te sien as Jacques Oliver en nou is Jaco-Niel Verwey (9) te sien as Binnelanders se Ethan. Jaco-Niel is ‘n leerling van Laerskool D.F. Malherbe en dramaleerling aan die ADK Drama en Filmskool in die dorp.

in Binnelanders. Foto: Elsje Vermeulen
Hy kry reeds die afgelope drie jaar drama-onderrig by Franciska van der Merwe, eienares van die dramaskool. Danksy haar en met die verdere hulp van Brumilda van Rensburg, het die aantreklike jong Jaco-Niel die rol in Binnelanders losgeslaan.
“Ons glo aan kwaliteit afrigting by ADK. Ek is trots om te kan sê Jaco-Niel is een van ons leerlinge. Die jong man het baie talent,” sê Franciska. Die skool spog ook met ‘n senior-student, Jay-Dee Conradie, wat verlede jaar
as die beste opkomende akteur by Aardklop aangewys is. Hy is ook NWU se Beste Kultuurstudent vir 2019.



