NewsNewsSport

Groot pret by gewilde poniekamp

VEREENIGING. - Die Carpe Diem-perdryskool in Drie Riviere bied elke jaar in Julie en Desember vakansiekampe vir kinders tussen die ouderdomme van vyf tot skoolverlaters aan.

Hiedie twee datums is telkens ‘n hoogtepunt waarna die kinders met groot opgewondenheid uitsien, en Desember was geen uitsondering nie.
“Daar is tydens hierdie kampe plek vir 20 leerlinge en ons is gewoonlik lank voor die tyd reeds volbespreek,” vertel Ingrid Weber, eienaar en afrigter van die perdryskool.
Tydens so ‘n kamp word daar baie geleer. Daar word elke dag lesse en lesings oor perdesorg ensomeer gegee. Dan is daar natuurlik ook ander pret-aktiwiteite soos speletjies in groepsverband met perde en lang uithouritte. Waar die kinders saam met die perde kans kry om te ontspan, is een van die gewildste aktiwiteite.
“Al hierdie aktiwiteite gee die kinders ‘n groter insig van wat dit behels om perde te versorg en dat dit nie net oor die ry en kompetisie gaan nie. Hulle kry baie meer selfvertroue om self met die perde te werk,” verduidelik Ingrid. Die perdryskool het in Desember sy 25ste bestaansjaar gevier. Die skool bied lesse vir ‘n breë spektrum ruiters, wat kompeterend, plesier en terapie insluit.
* Belangstellendes wat meer oor die skool wil uitvind, kan Ingrid by 079 390 0764 kontak of ‘n e-pos na irobinswebber@gmail.com stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button