Die hoofwedlope word oor 42.2km en 21.1km beslis. Daar is ook ‘n 10km-wedloop en ‘n 5km-pretwedloop om vir elke fiksheidsvlak te sorg. Vir meer inligting kontak die Sasolburg Atletiekklub by 078 501 7638/ 083 630 0440 of besoek die Sasolburg Athletic Club se facebookblad. Sowat 3 000 atlete neem jaarliks aan die marathon deel en vanjaar beloof om weer ‘n skouspel te wees. Verlede jaar het Talimo Monesa van Hollywood Bets die 42.2km marathon vir mans in ‘n wentyd van 2:23:42 afgelê. Renate Vos het die marathon vir vrouens in ‘n tyd van 3 uur en 18 sekondes gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



