Jonk en oud, staan nader vir dié wegbreek na Badplaas!
Dié jaarlikse wegbreek is baie gewild onder senior burgers en vanjaar kan hul volwasse kinders of kleinkinders van 20 jaar en ouer ook saamkom om in die pret te deel.

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark Rotaryklub se jaarlikse opwindende Badplaasvakansie vind vanjaar van 12 tot 19 April plaas.
Dié prettige wegbreek was voorheen slegs tot senior burgers beperk, maar die formaat het nou verander: Jong volwassenes van 20 jaar en ouer is welkom om vanjaar saam te kom. Ouers of grootouers kan dus vanjaar die jongklomp saambring vir ‘n wegbreek soos min!
Die koste is R2 900 per persoon vir twee wat ‘n kamer deel en R3 500 per persoon vir twee wat ‘n woonstel deel. Dit sluit vervoer, drie etes per dag, verversings, warmbadfooie, personeelfooitjies, ‘n wildbesigtingstoer en ander ekstras in.Vir meer besonderhede skakel Petro Bester by 082 370 9212 of stuur ‘n e-pos na petrowilmabester@gmail.com.
FOTO: Vakansiegangers staan hier gereed vir ‘n kostuumpartytjie tydens ‘n vorige jaar se Badplaasvakansie. Dié jaarlikse wegbreek is baie gewild onder senior burgers en vanjaar kan hul volwasse kinders of kleinkinders van 20 jaar en ouer ook saamkom om in die pret te deel.



