Local newsNewsNewsBreaking News

Bestuurder bots teen brug, sterf op toneel

VEREENIGING. – Twee ongelukke is Saterdag aangemeld. In die eerste ongeluk het ‘n man net ligte beserings opgedoen toe hy beheer oor sy voertuig verloor en in ‘n sloot beland het, maar die tweede ongeluk was baie erger en het die lewe van ‘n man in sy 60’s geëis. Die eerste ongeluk het net na …

VEREENIGING. – Twee ongelukke is Saterdag aangemeld. In die eerste ongeluk het ‘n man net ligte beserings opgedoen toe hy beheer oor sy voertuig verloor en in ‘n sloot beland het, maar die tweede ongeluk was baie erger en het die lewe van ‘n man in sy 60’s geëis.

Die eerste ongeluk het net na 08:00 gebeur toe die bestuurder beheer oor sy bakkie verloor en in ‘n sloot naby die Arcon Heights-woonstelle in Vereeniging beland het.

In die tweede ongeluk is die bestuurder oorlede na hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor en teen ‘n pilaar van die Redan-brug op die R59 vasgery het. Die ongeluk het omstreeks 15:00 gebeur.

Verskeie nooddienste was op die toneel en het alles probeer om sy lewe te red, maar volgens Werner Vermaak van ER24, kon daar niks vir die man gedoen word nie en is hy later op die toneel dood verklaar.

Vaalweekblad se innige simpatie aan die oorledene se familie en vriende.

  • Daar was ook in die oggendure van Sondagoggend omstreeks 03:00 ‘n noodlottige ongeluk op die Goue Hoofweg naby Evaton Wes, waartydens vier mense gesterf het. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.
Die eerste ongeluk het omstreeks 08:00 Saterdag gebeur toe die bestuurder beheer verloor het en die voertuig in ‘n sloot beland het. Foto: Chris Smuts

 

Fotos Rudy Francis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button