Photo GalleriesSportSportSport

Jarvis wen OVS Ope

Ettienne van Rensburg VAALPARK. – Die 17-jarige Casey Jarvis, Suid-Afrika se voorste junior gholfspeler, is Sondag op Heron Banks as die Vrystaat Ope-kampioen gekroon. Jarvis (268: 67-65-70-64) het die Alec Levin Vrystaat Kampioenskap met twee houe gewen, nadat hy op 18 houe minder as baansyfer geëindig het. Kort op sy hakke was Kyle de Beer …

Ettienne van Rensburg
VAALPARK. – Die 17-jarige Casey Jarvis, Suid-Afrika se voorste junior gholfspeler, is Sondag op Heron Banks as die Vrystaat Ope-kampioen gekroon.
Jarvis (268: 67-65-70-64) het die Alec Levin Vrystaat Kampioenskap met twee houe gewen, nadat hy op 18 houe minder as baansyfer geëindig het.
Kort op sy hakke was Kyle de Beer van Port Elizabeth Gholfklub op 288: 66-65-71-66. De Beer was die vroeë voorloper, maar Jarvis het sy beste vir laaste gelos.
Jarvis spog reeds met drie SA Nomads-titels vir seuns, maar die o.19-titel ontwyk hom steeds. Die jong Boksburger is ook ‘n voormalige wenner van die Johannesburg Junior Ope.
Hy het verlede jaar in Januarie sy eerste beroepstoernooi by die IGT-toer gewen en daar word vir hom ‘n groot toekoms voorspel.
Hy het onlangs 36ste by die SA Ope na rondtes van 68-70-72 en 67 met 277 houe, sewe onder baansyfer geëindig. Die top Vaaldriehoekse speler was Heron Banks se eie Pieter Swartz (293: 74-71-72-76) wat nege houe meer as baansyfer gespeel het.

Related Articles

 
Back to top button