Nee pappa… nee!
VANDERBIJLPARK. – Dis die woorde van Carlia du Preez (17) voor haar pa Fanie (39) haar koelbloedig en volgens een van sy drie weergawes onder dwang geskiet het. Sy was wakker en het probeer keer. Fanie du Preez het vandag in die Landroshof op Vanderbijlpark gehoor dat sy aansoek om borg geweier is. Landros Buks …
VANDERBIJLPARK. – Dis die woorde van Carlia du Preez (17) voor haar pa Fanie (39) haar koelbloedig en volgens een van sy drie weergawes onder dwang geskiet het. Sy was wakker en het probeer keer.
Fanie du Preez het vandag in die Landroshof op Vanderbijlpark gehoor dat sy aansoek om borg geweier is. Landros Buks du Plessis het na ‘n sitting van byna een en ‘n half uur beslis dat Fanie nie vertrou kan word aangesien hy reeds drie keer sy verklaring verander het. Fanie het in sy verklaring wat deur sy prokureur aan die hof voorgelê is aangevoer dat omstandighede vereis dat hy die boedelsake en ander finansieële verpligtinge het om af te handel na die dood van sy vrou en kinders.
Die staat daarenteen het in die verklaring van die ondersoekbeampte Adjudant Offisier Francois Alberts aangevoer dat Fanie drie weergawes van sy verklarings gedoen het. Eerstens het hy aangevoer dit was ‘n huisroof. Toe die ongelisensieërde vuurwapens en ‘n knaldemper wat hy nagevors en self vervaardig het, in die huis gevind is, het hy aangevoer dat hy deur Nigeriërs gedwing was om sy vrou en kinders te skiet. Daarna het hy die volgende dag in die voor die landros in ‘n verklaring gesê dat dit Libanese was wat hom gedwing het om dit te doen.
Volgens die verklaring van Adjudant Offisier Francois Alberts is Thea (43) twee skote in die kop geskiet, toe is Phillip met een skoot in die kop geskiet en vier ander in die bed gevind en hy is langs die bed gevind. Laaste was Carlia (17) wat ses skote in totaal in die kop, keel en linkerhand gehad het. Dit volgens Fanie terwyl die Nigeriërs/Libanese ‘n vuurwapen op hom gerig het.
Twee wapens is gebruik in die moord. ‘n 9mm Pistool wat Fanie onwettig in Springs bekom het en waarvoor hy ‘n knaldemper gemaak het van ‘n oliefilter en kussing te gebuik. Sy oorlede skoonma se wapen ‘n .38 Special rewolwer is toe gebruik nadat die eersgenoemde onklaar geraak het. Volgens die verklaring moes beide die kinders wakker gewees het toe hulle geskiet is.
Die motief vir die moorde is nog nie heeltemal duidelik nie. Fanie se verbintenis met die Nigeriërs/Libanese of die feit dat hy alles volgens Thea se boedel sal erf, dit sluit die huis in, as sy en die kinders te sterwe sou kom, is nog nie deur Fanie beken nie. Die ware motief sal sekerlik aan die lig kom sodra die saak op 26 Januarie 2016 hervat in die Landroshof op Vanderbijlpark. Die saak sal dan na die Hooggeregshof in Johannesburg verwys word.
VIDEO’s – JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD



