NewsNews

Saak weer uitgestel

VEREENIGING. - Die verhoor van die sekuriteitswag wat in Desember 2018 vir Chris van Heerden, ’n bekende inwoner van Meyerton, doodgeskiet het tydens ’n onderonsie wat op video vasgevang is, kon Dinsdag nie in die streekhof in Vereeniging voortgaan nie omdat dié se regsverteenwoordiger uitstedig was.

Van Heerden was die pa van die voormalige kampioenbokser, Chris van Heerden en Danie “The Pitbull” van Heerden.
Sabelo Patrick Dlamini (41), ’n lid van die Rooimiere, word aangekla van moord en die rig van ’n vuurwapen nadat hy Van Heerden in Desember 2018 tydens ’n woordewisseling doodgeskiet het. Hy het Dinsdag (14 Januarie) ’n roomkleurige hemp met bruin en wit strepe gedra toe hy vlugtig in die hof verskyn het.
Talle vriende en familie van Van Heerden het in die hofbanke gesit.
Die staatsaanklaer, Bennie Kilian, het landdros Chris Kruger meegedeel dat Dlamini se regsverteenwoordiger, Thomas Mahlabogoane, uitstedig is en derhalwe vir uitstel tot 21 Februarie gevra. Kruger het toe die saak tot 21 Februarie uitgestel. Vriende en familie van Van Heerden was sigbaar ontsteld aangesien dit die soveelste keer is wat die saak uitgestel word.
Kruger het Dlamini, aan wie borgtog vroeër toegestaan is, se borgtog verleng en hom aangesê om op die volgende datum in die hof te wees. Dlamini het vir Kruger geknik en die hofgebou saam met ’n groep mense wat hom vergesel het, verlaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button