Local newsNewsNewsBreaking News

Inbreker gevang na hy onder bed wegkruip

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op 28 Januarie ’n inbreker gearresteer en aan die polisie oorhandig nadat die buurtwag ’n oproep ontvang het dat iemand besig was om by ’n huis in te breek. Die verdagte was met twee skroewedraaiers en ’n selfgemaakte skokstok gewapen. Hy het van die toneel gevlug toe hy die buurtwag …

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op 28 Januarie ’n inbreker gearresteer en aan die polisie oorhandig nadat die buurtwag ’n oproep ontvang het dat iemand besig was om by ’n huis in te breek.

Die verdagte was met twee skroewedraaiers en ’n selfgemaakte skokstok gewapen. Hy het van die toneel gevlug toe hy die buurtwag gewaar. Die buurtwag het egter daarin geslaag om die verdagte vas te trek nadat hy oor ’n muur gespring het en onder ’n bed in ’n huis weggekruip het. Hy is daarna aan die polisie oorhandig.

“AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag wil die gemeenskap aanmoedig om by hierdie aktiewe buurtwag betrokke te raak om inwoners se veiligheid te verseker,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button