Skokstoksaak – 10 Jaar elk vir mishandeling
VANDERBIJLPARK. – Landros Button in die Vanderbijlpark streekhof het hom Vrydag sterk uitgespreek teenoor mishandeling van kinders en vrouens tydens die vonnisoplegging van die skokstoksaak wat reeds meer as twee jaar gesloer het. Die beskuldigdes, ‘n ma en haar vriend (wie se name weerhou met aanbeveling van pers ombudsman), is Vrydag 18 Desember elk 10 jaar …
VANDERBIJLPARK. – Landros Button in die Vanderbijlpark streekhof het hom Vrydag sterk uitgespreek teenoor mishandeling van kinders en vrouens tydens die vonnisoplegging van die skokstoksaak wat reeds meer as twee jaar gesloer het.
Die beskuldigdes, ‘n ma en haar vriend (wie se name weerhou met aanbeveling van pers ombudsman), is Vrydag 18 Desember elk 10 jaar gevonnis vir die mishandeling van ‘n toe 3 jarige seuntjie. Die kind is volgens sielkundige getuienis voor die hof verskeie kere herhaaldelik mishandel deur geslaan en geskok te word met ‘n skokstok, Dit omadat die kind nie luister nie of by voorbeeld die bedjie natgemaak het.
Landros Button het gesê dat die Vaaldriehoek vrot van sulke sake is en dat die gereg alleen dit in ‘n mate kan verminder deur swaar strawwe toe te pas soos deur die wet voorgeskryf word. Landros Button het ook in sy uitspraak gesê dat die publiek, die polisie en elke verantwoordelike persoon sulke sake onverwyld moet aanmeld en deeglik ondersoek.
Die moeder van die kind is dieselfde straf toegeken aangesien sy toegelaat het dat die vriend haar eie biologiese kind mishandel. Button het die vergelyking van ‘n apie of leeu gebruik en gesê ‘n dier sal baklei tot die dood vir die veiligheid van sy kind.
Die beskuldigdes en familie was na die uitspraak baie geskok en het huilend die beskuldigdes omhels en gegroet voor hulle met die trappe af na die selle geneem is.
Die skokstok saak wat nou vir twee jaar sloer sal sekerlik Vrydag 18 Desember tot ‘n einde kom wanneer die ma van ‘n drie-jarige kind en haar vriend gevonnis gaan word vir die aanranding op haar seuntjie. “Geregtigheid het geseëvier” was die woorde van verskeie van die familie en vriende.
Die twee het Maandag 14 Desember in die streekhof op Vanderbijlpark getuienis aangehoor ter versagting van hul vonnis. Die twee het self getuig en het albei berou betoon vir hul dade. Vrydag sal nog twee getuies getuig ter versagting van hul vonnis waarna Landros Button hul sal vonnis.






