NewsNews

Amok by metaalfabriek

VEREENIGING. - Die polisie is onbied toe ontevrede voormalige werknemers van die Scaw-metaalgroep Vrydagmiddag voor die McKinnon Chain-fabriek in Ringweg, Duncanville saamgedrom en getoi-toi het.

Die fabriek is ’n afdeling van Scaw Metals en vervaardig metaalkettings. Hoewel motors voor die fabriek in Ringweg met glasbottels bestook is en daar gerugte was van werknemers wat binne die gebou gyselaar gehou word, het die polisie skynbaar nog niemand op enige aanklagte in hegtenis geneem nie. Kapt. Fikile Funda, ’n polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê dit blyk tot op hede nie of enige inhegtenisnames gemaak is nie. Vaalweekblad se verslaggewer is met ’n bottel bestook toe hy oor die situasie probeer verslag doen het.
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê daar heers ongelukkigheid nadat Scaw verlede jaar sowat 240 werkers afgelê het terwyl die unie werkbare alternatiewe voorgestel het om afleggings te voorkom. Die kwessie tussen werkgewer en werknemer is vererger omdat erkloosheidsversekeringsvorms
en briewe vir mediese voordele glo nog nie aan die afgelegde werknemers uitgereik is nie.
Die vakbond wou verlede week nog nie ’n verklaring oor die aangeleentheid uitreik nie, omdat gesprekke tussen die vakbond en die werkgewer Maandag nog voortgeduur het. McKinnon Chain het by navraag laat weet dat die hoof van sekuriteit in hierdie stadium geen kommentaar oor die situasie gaan lewer nie. ’n Boodskap is ook vir die bestuurder van menslike hulpbronne gelaat, maar laasgenoemde het teen druktyd nie teruggeskakel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button