Fotografiekursus
VEREENIGING. - As jy dalk iets nuuts vir 2020 wil probeer, het die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging dalk die oplossing vir jou.Die klub nooi alle belangstellendes om by hulle aan te sluit en bied ook binnekort weer sy gewilde Beginnerskursus aan.

Hierdie kursus strek oor vier dae en word met kursusgangers se eie kameras gedoen sodat hulle kan leer hoe om hul eie toerusting die beste te kan benut. Die kursus word op 22 en 23 Februarie en 28 en 29 Maart van 08:30 tot 16:00 by die Kliprivier Country Estate in Drie Riviere, Vereeniging aangebied en beloop R3 000.
Daar is slegs beperkte plek vir die kursus beskikbaar. Die kursus sluit ook koffie/tee en beskuit in die oggende, en ‘n ligte middagete in. ‘n Volledige stel kursusnotas sal aan kurusgangers voorsien word. Kontak Henk Scheepers by 072 260 0513 of Johan Brits by 082 718 8394.



