NewsNews

Skole, skryf jul Grade in en wen ‘n spogberig!

Ouers van kleingoed wat vanjaar in Graad 1 is, kan hulle steeds vir Vaalweekblad en Ster se Graad 1-wedstryd inskryf en ‘n kans staan om R5 000 as bydrae vir sy of haar skoolfonds vir 2020 te wen! (Let wel, slegs Graad 1-leerlinge mag inskryf, nie Graad R of Graad RR nie).

Hoe om in te skryf: Neem ‘n digitale foto van jou Graad eentjie in sy of haar nuwe skooldrag. Betaal die inskrywingsfooi van R50 en e-pos jou kind se foto na nickychillipicnic@gmail.com. WhatsApp of SMS Nicky by 083 744 7711 vir die betalingsbesonderhede.
Onthou om jou kind se naam en van en sy of haar skool se naam en ‘n kontaknommer in die e-pos waarin jy jou kind se foto stuur, te verskaf. Foto’s van al die deelnemers sal in die komende weke in Vaalweekblad gepubliseer word. Die kompetisie duur tot middel Maart, maar hoe gouer jy jou kind se foto instuur en die R50 betaal, hoe gouer sal dit gepubliseer word.
As jy jou kind se wenkans wil verbeter, kan jy ‘n professionele foto by Chilli PicNic se ateljee in Vaalrylaan 14, Vanderbijlpark laat neem. Kontak fotograaf Nicky by 083 744 7711 vir ‘n afspraak en meer inligting. Bespreking is noodsaaklik. Nicky sal ook ‘n paar skole besoek om foto’s daar te neem. Skole is welkom om afsprake met haar te reël.

Ouers kan hul kinders egter ook reeds self inskryf. Stuur ‘n foto na nickychillipicnic@gmail.com of skakel Chilli PicNic by 083 744 7711 vir ‘n private afspraak om ‘n pragtige professionele foto te laat neem. Sy sal ouers ook bystaan om hul kinders amptelik vir die wedstryd te registreer. Skole kan ook hul Graad 1’s inskryf. Die skool met die meeste inskrywings wen ‘n gratis bemarkingsberig oor hul skool!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button