NewsNews

Lang lokke afgeknip ter nagedagtenis aan ouma

VANDERBIJLPARK. - Haar pratige lang bruin lokke is nou iets van die verlede, maar Carina Booysen van die dorp glimlag breed oor dié groot stap wat sy Saterdagoggend geneem het.

“My ouma is verlede jaar na ‘n lang stryd teen kanker oorlede. Ek was so lief vir haar en het besluit om vanjaar iets spesiaal as huldeblyk vir haar te doen,” vertel Carina.
Carina se uiteindelike besluit was om haar lokke te laat afsny en aan KANSA te skenk as deel van hul projek om pruike vir kankerpasiënte te maak.
Carina het Saterdag haar ouma se gunsteling kleur (ligpers) gedra, asook spesiale haarknippies in haar hare gehad as deel van die verrigtinge.
Daar is eers foto’s van Carina met haar lang hare geneem, voordat haar hare afgesny is. Carina het die afgesnyde hare met ‘n groot glimlag en baie liefde in haar hart daarna aan KANSA geskenk.

Eers word die hare gemeet.
Die groot oomblik het aangebreek.
Af is die lokke!

* Mense wat hare skenk aan KANSA, ondersteun KANSA se projek om pruike wat natuurlik vertoon te lewer aan die KANSA Sorgsentra vir kankerpasiënte. Om te skenk moet jou hare 25cm of langer wees. Dit moet ook skoon en droog wees. Wanneer die hare gesny word, bind asseblief beide kante met ‘n rekkie vas en plaas in ‘n zip-lock sakkie. Dit kan daarna by die plaaslike KANSA-tak ingehandig word.
* Indien inwoners nie hul hare wil laat afsny nie, kan hul steeds die organisasie ondersteun deur hul hare tydens die jaarlikse KANSA Shavathon kleurvol te laat sprei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button