NewsNews

Terapiehonde kuier by Jeugland

VANDERBIJLPARK. - Die Caring Friends terapiehonde het Donderdag, 13 Februarie weer die Jeugland Tehuis vir Bejaarders besoek.

Petra du Toit en Alek die Swart Russiese Terriër wat hom verbeel hy is in beheer.

Die meeste inwoners geniet die maandelikse besoek van die honde en hul hanteerders terdeë. Gister was daar ses honde aan diens, van die ervare Alek, ‘n Swart Russiese Terriër, en die 11-jarige Golden Retriever, Molly tot by die jongeheer Huckleberry wat maar vier maande oud is. Petra du Toit, Alek se hanteerder, sê Caring Friends bestaan al vir 11 jaar. “Ons besoek die June Nicholls Skool elke tweede Woensdag en Jeugland eenmaal per maand. Indien jy weet van ‘n organisasie wat ons kan besoek, hetsy in die dag of aand, of as jy en jou hond self wil betrokke raak, kontak ons gerus by 082 627 6201 of by info@happytailsdogtraining.co.za.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button