Local newsNewsNews
Valies kan help blikkieskos insamel vir boere in nood
SASOLBURG. - DA Wyksraadslid van Vaalpark Wyk 18, Ruanda Meyer, en haar man Joseph doen ‘n beroep op die gemeenskap om asseblief betrokke te raak by gemeenskapsprojekte en initiatiewe. “Tans steun ons AfriForum se Blikkiekos-insamelingprojek vir die boere in nood.
“As ons almal saam staan kan ons ‘n verskil maak. Ons huishouding het 100 blikkies geskenk ek daag ander besighede en individue uit om ook ‘n bydrae te maak,” sê Ruanda.
Elke blikkie beteken baie vir mense wat nie kos het nie. Hul mikpunt is 1 000 blikkies uit die gemeenskap vir die boere in nood.
“Onthou asb ons boere se diere ook”.
Daar kan tot 27 Februarie blikkieskos ingesamel word. Die afsetpunt vir die skenkings is by 17 Roseberrystraat, AfriForum-tak, Sasolburg.
“Elkeen kan ‘n verskil help maak. Let’s do this.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



