LifestyleLocal newsNews

Here every dog has its (happy) day!

Hier kry elke hond sy (plesierige) dag! Selfs 'n rit met 'n taxi!

Please scroll down for Afrikaans:

“To trim a dog is not a simple task. It involves craftsmanship and in reality is a work of art that comes from deep inside one’s heart”
So says Elize Stols, owner of God’s Little Creations Doggy Parlour in 119 Blackwood Street, Three Rivers. This enterprise has been in existence for eight years and quickly made a name as a genuine “doggy paradise.”
From the beginning it was Elize’s goal to develop the best dog parlour in town. Here the dogs are never tied up while being clipped, and bath time (with high quality anti-allergy dog shampoo) is a fun experience for animals as well as the team of nine employees. All are dedicated animal lovers who boast outstanding training.
Unlike many other doggy parlours, owners are welcome to observe their four-footed children being cared for. From the tiniest dog to the biggest– all are lovingly spoilt, and thanks to Elize’ years of experience, she can give excellent advice as to the best “hairstyle” for every season and every type of dog.
Pet owners who don’t have time to deliver their animals personally can make use of God’s Little Creations’ taxi service which can collect and return animals to their owners’ homes.
“Many of the animals who are regular visitors to the parlour so look forward to visiting that they want to jump into the taxi immediately when we stop at their homes,” says Elize. God’s Little Creations serves a wide area, including Vereeniging, Arconpark, Sonlandpark and Meyerton. It’s not only the four footed babies’ outward needs that are looked after. God’s Little Creations is also a supplier and distributor of the high quality NutriByte Premium Pet Food, so owners can ensure that their animals are healthy thanks to this proven balanced foodstuff.
God’s Little Creations also has a doggy hotel where your pets will be lovingly cared for during holidays or should you need to go away for a weekend without them.
• Call Elize from God’s Little Creations today on 079 267 0819 and make your dog’s day! Better still, diarise a few appointments for your furry friends and make it a leap year of which they’ll always have fond memories!
Elize Stols, owner of God’s Little Creations Doggy Parlour.
(Translation by Carol Pittendrigh).

 

 

Hier kry elke hond sy (plesierige) dag!

“Om ‘n hond te skeer, is nie sommer enige werk nie. Dit vereis vakmanskap en is in werklikheid ‘n
kunswerk wat diep uit ‘n mens se hart moet kom.” Só sê Elize Stols, eienaar van God’s Little Creations Doggy Parlour in Blackwoodstraat 119, Drie Riviere. Die onderneming bestaan al agt jaar en het vinnig naam gemaak as ‘n ware “hondeparadys”.Dit was van die begin af Elize se doelwit om die beste hondesalon in die dorp op te bou. Hier word diere nie vasgebind terwyl hulle geskeer word nie en badtyd (met hoëgehalte nie-allergiese
hondesjampoe) is ‘n prettige ervaring vir die diere sowel as vir die span van nege werknemers.

Almal van hulle is toegewyde diereliefhebbers wat met uitstekende opleiding kan spog. Anders as by baie
ander hondesalonne is eienaars welkom om by te staan wanneer hul viervoetkinders versorg word. Van die kleinste tot die grootste honde word liefderyk vertroetel, en danksy Elize se jarelange ervaring kan sy uitstekende raad gee oor die beste “haarstyl” vir elke seisoen en elke tipe hond.

Diere-eienaars wat nie tyd het om hul diere self in te bring nie, kan gebruik maak van God’s Little Creations se taxi- diens, wat diere by hul eienaars se huise gaan op- en aflaai. “Baie van die diere wat ons salon gereeld besoek, sien so daarna uit dat hulle dadelik in die taxi wil inspring as ons by hul huise stop,” sê Elize.

God’s Little Creations bedien ‘n wye gebied, onder andere Vereeniging, Arconpark, Sonlandpark en Meyerton. Dit is egter nie net die vierpootkinders se uiterlike wat hier versorg word nie. God’s Little Creations is ook verskaffers en verspreiders van die hoëgehalte NutriByte Premium Pet Food, dus kan honde-eienaars seker maak dat hul diere gesond bly danksy dié bewese gebalanseerde voeding.
God’s Little Creations beskik ook oor ‘n honde-hotel waar daar met liefde na jou diere omgesien sal word gedurende vakansies of wanneer jy vir ‘n naweek sonder hulle moet weggaan.
* Skakel Elize van God’s Little Creations vandag by 079 267 0819 en maak jou hond se dag! Of nog beter, dagboek sommer ‘n hele paar afsprake vir jou pels-pêlle en maak dit ‘n skrikkeljaar wat hulle vir altyd met lekkerkry sal onthou!

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button