LifestyleLocal news

Envision Centre bevorder gloukoombewustheid by Vaal Mall

Gloukoom staan ​​bekend as ‘die stille dief van sig’ omdat pasiënte hul buitenste visie mettertyd kan verloor sonder enige ander simptome. As gevolg van die kroniese aard van die siekte, gaan sig stadig maar seker agteruit en wanneer ‘n individu dit besef is die skade gedoen en kan daar reeds aansienlike verlies aan visie wees. …

Gloukoom staan ​​bekend as ‘die stille dief van sig’ omdat pasiënte hul buitenste visie mettertyd kan verloor sonder enige ander simptome. As gevolg van die kroniese aard van die siekte, gaan sig stadig maar seker agteruit en wanneer ‘n individu dit besef is die skade gedoen en kan daar reeds aansienlike verlies aan visie wees. ‘n Studie deur die Suid-Afrikaanse Gloukoom vereniging wys daarop dat 50% van mense nie eers weet dat hulle die toestand het nie.

Hierdie getal kan verhoog tot en met 90% in ontwikkelende lande. Meeste mense glo dat blindheid nie voorkombaar is nie en dat dit bloot deel van normale veroudering is. Programme soos hierdie wat blindheid en kondisies wat dit veroorsaak teiken kan nie net die lewens van individue nie, maar ook die land as geheel verander.

Wêreld Gloukoom week is 8-14 Maart 2020 en juis daarom het Envision in Vanderbijlpark ‘n bewusmakingsveldtog geloods in die vorm van ‘n publieke siftingsdag. Die gloukoom sifting is op 5 Maart by Vaal Mall van 10:00 tot 16:00. Die hoofdoel met hierdie veldtog is om die gemeenskap bewus te maak van gloukoom asook om soveel as moontlik mense te sif vir die teenwoordigheid van gloukoom.

Al Envision se oftalmoloë sal gedurende die dag by ons aansluit en ons kliniese assistente sal beskikbaar wees om enige vrae te beantwoord.  Envision is ook die enigste Oftalmologie praktyk in Suid-Afrika wat tot op hede ‘n Wêreld-Gloukoomweek geregistreerde siftings aktiwiteit aanbied. Help ons om die wêreld ‘n beter plek te maak deur saam te veg teen onsigbare gloukoom.

Related Articles

 
Back to top button