“Tans steun ons AfriForum se Blikkiekos-insamelingprojek vir die boere in nood. “As ons almal saamstaan, kan ons ‘n verskil maak. Ons huishouding het 100 blikkies geskenk ek daag ander besighede en individue uit om ook ‘n bydrae te maak,” sê Ruanda. Elke blikkie beteken baie vir mense wat nie kos het nie. Hul mikpunt is 1 000 blikkies uit die gemeenskap vir die boere in nood.
“Onthou asseblief ook ons boere se diere.” Daar kan tot 27 Februarie blikkieskos ingesamel word. Die afsetpunt vir die skenkings is by Roseberrystraat 17, AfriForum-tak, Sasolburg. “Elkeen kan ‘n verskil help maak. Let’s do this.”



