Local newsNewsNews
Vrou sterf toe kar deur heining bars
VANDERBIJLPARK.- ‘n Vrou is vanmiddag net na 17:00 oorlede toe sy beheer oor haar voertuig verloor het en deur die Emfuleni Munisipaliteit se palisade heining gebars het. Die ongeluk het op die hoek van Frikkie Meyer Boulevard en Klasie Havenga straat oorkant Park Ford plaasgevind. Sover vasgestel kon word was sy alleen in die voertuig …
VANDERBIJLPARK.- ‘n Vrou is vanmiddag net na 17:00 oorlede toe sy beheer oor haar voertuig verloor het en deur die Emfuleni Munisipaliteit se palisade heining gebars het.
Die ongeluk het op die hoek van Frikkie Meyer Boulevard en Klasie Havenga straat oorkant Park Ford plaasgevind. Sover vasgestel kon word was sy alleen in die voertuig toe die ongeluk gebeur het. Die Wit Audi S5 Quattro het ‘n boomstomp op die sypaadjie getref waarna hy deur die heining gebars het en op sy dak tot stilstand gekom het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



