Local newsNewsNewsBreaking News

Buurt sonder krag

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere is sedert Vrydagaand sonder krag gelaat ná ’n kortsluiting by ‘n transformator wat die buurt van krag voorsien. Nadat krag vroeg Saterdagoggend herstel is, is daar boonop glo nog ‘n fout op ‘n kabel gevind, wat veroorsaak het dat inwoners vir ‘n groot gedeelte van die naweek sonder krag …

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere is sedert Vrydagaand sonder krag gelaat ná ’n kortsluiting by ‘n transformator wat die buurt van krag voorsien.

Nadat krag vroeg Saterdagoggend herstel is, is daar boonop glo nog ‘n fout op ‘n kabel gevind, wat veroorsaak het dat inwoners vir ‘n groot gedeelte van die naweek sonder krag gesit het.

Intussen is besighede in die buurt genoodsaak om te sluit weens kragonderbrekings.

Die buurt moes reeds vroeër vandeesweek verskeie kragonderbrekings weens beurtkrag verduur nadat fase 4 beurtkrag ingestel is, wat later na fase 3 verander is.

Aangesien daar op die oomblik net een transformator is wat die hele Drie Riviere, Peacehaven en middestad van krag moet voorsien word daar volgens rdl. Daleen Venter, wat gereeld met werkers in kontak is, gekyk om Peacehaven of die middestad se krag van 19:00 tot 07:00 te sny om vuisvoos inwoners van Drie Riviere tydelike verligting te gee.

Inwoners van die buurt vertel dat kragonderbrekings gereeld oor naweke voorkom. ‘n Groep inwoners het in Februarie vanjaar gedreig om in die middel van besige Blackwoodstraat te braai en verkeer te ontwrig indien kragonderbrekings voortgaan.

*Intussen het ‘n inwoner van Drie Riviere kort na 18:20 laat weet dat kragtoevoer na die buurt weer herstel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button