Dringend: Wie kan help om Paul Bam op te spoor?
Sy seun lê met 'n ernstige besering in die hospitaal
Me. Janet Beukes sê sy het dringend die hulp van Vaaldriehoekse inwoners nodig om haar broer, mnr. Paul Bam, op te spoor.
Janet skryf: Asseblief, as enige iemand kan help, ek is dringend op soek na my boetie Paul Bam. Hy is iewers in Walkerville (Midvaal). Hy word blykbaar gereeld in die omgewing van die motorhawe in daardie area gesien. Sy seun, Marno, is op masjiene in die hospitaal in Krugersdorp nadat ‘n bakkie oor sy kop gery het. Die hospitaal is dringend op soek na Paul. Hy bly glo by ‘n ou oom en tannie op ‘n plot in Walkerville.
Asseblief, as iemand hom ken, laat hy my, sy sus Janet, asseblief kontak by 072 939 0012.



