NewsNews

Covid-19: Vaal-besighede moet voorberei

Hoewel daar tot dusver geen Covid-19 gevalle in die Vaaldriehoek is nie, maar weens die aanhoudende toeneem van positiefgetoetse Covid-19 gevalle in Suid-Afrika (tans 64), het MooiVaal Media dit goed gedink om 'n toetslopie te doen om te verseker dat die onderskeie publikasies soos altyd sal kan verskyn, sonder dat die personeel uit die onderskeie kantore werk, maar eerder vanaf hul wonings.

Dit beteken dat die kantore hier in die Vaaldriehoek (Vereeniging en Vanderbijlpark) vandag gesluit sal wees. Die kantore sal leeg wees maar die personeel volstoom aan die gang. Die Vaalweekblad sal dus soos altyd vroeg Woensdagoggend op die rakke wees.

Die kantoornommers kan soos altyd geskakel word vir enige advertensie-besprekings of navrae.

  • Die personeel sal weer vanaf Woensdag die kantore beman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button