Local newsNewsNews
SA se Covid-19 gevalle nou reeds 150
Die postief-getoetse Covid-19 gevalle in Suid-Afrika hou aan vermeerder en tans staan die syfer op 150. Dit maak dit duidelik dat strenger maatreëls nodig is om mense te beskerm.
Een van die nuwe wetgewings behels dat alle kuierplekke wat drank verkoop (restaurante, klubs en pubs) nie meer as 50 mense op ‘n keer mag akkomodeer nie. Daar moet ook genoegsame spasie wees en die sanitasie moet aan die veiligheidsvereistes voldoen.
Dié kuierplekke mag slegs oop wees van 09:00 en moet weer om 18:00 sluit. Op Sondae moet kuierplekke reeds om 13:00 sluit.
Mense word gevra en aangeraai om streng gehoor te gee aan die nuwe vereistes. Elke Suid-Afikaner moet sy deel doen om Covid-19 se verspreiding te beveg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



