NewsNews

SA Ekonomie in Korona-wurggreep

In die lig van die wurggreep waarin die korona-pandemie Suid-Afrika se ekonomie geplaas het en oor die ernstige krisis waarin die land se ekonomie reeds verkeer het, verwelkom die VF Plus die rentekoers-verlaging van een persentasiepunt wat die Reserwebank vandag aangekondig het. 

Die verlaging opsig self, bied egter nie genoeg verligting nie en die VF Plus sal die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, nader om in die lig van die krisis wat korona veral vir kleiner sake-ondernemings veroorsaak het, verdere hulpmaatreëls te oorweeg.

Bykomende maatreëls wat die minister vandag aangekondig het, soos ‘n bepaling dat ondernemings se winsgrense dieselfde bly soos dit voor die korona-krisis was, word wel verwelkom.  Bykomende maatreëls is egter van die grootste belang om ondernemings en die publiek van finansiële ondergang te red.

Die VF Plus sal die minister daarom versoek om as ʼn saak van dringendheid skuldverligting deur ʼn sogenaamde skuld-terugbetalingsvakansie vir ʼn periode van vier tot ses maande te oorweeg na oorleg met banke en ander kredietverskaffers ingevolge die magte wat die nasionale ramptoestand aan hom verleen.

Persvrystelling: Jaco Mulder

VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Handel en Nywerheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button