BusinessNationalNews

Sol Kerzner, stigter van Southern Sun Hotelgroep, sterf

Suid-Afrika groet 'n geniale sakeman wat gedurende die 1980's en 1990's diep spore in die land se toerismebedryf en ekonomiese ontwikkeling getrap het.

 

Sol Kerzner, wat die wêreld se verbeelding jare gelede aangegryp het met sy visionêre Sun City-ontwikkeling, is gisteraand, Saterdag, 21 Maart, in die ouderdom van 84 aan kanker oorlede.
Hy het by sy familietuiste in Leeukoppie Estate, Kaapstad gesterf, met van sy gesinslede aan sy sy.
Kerzner is in 1935 as seun van Russiese immigrante in Johannesburg gebore.
Nadat hy sy opleiding in boekhou deurloop het, het hy in 1962 sy eerste klein hotel, die Astra, in Durban gekoop.
Sy groot deurbraak in die hotelbedryf het gekom toe hy die eerste 5-ster hotel in SA, die Beverley Hills in Umlanga Rocks, ontwikkel het en die Southern Sun Hotelgroep in vennootskap met SA Breweries begin het. Teen 1983 het die groep reeds 30 weelderige hotelle bedryf.
Kerzner was van 1980 tot 1985 met die voormalige Mej. Wêreld, Anneline Kriel, getroud.
Hy word oorleef deur sy kinders, Andrea, Beverley, Brandon en Chantal en 10 kleinkinders. Sy oudste seun, Howard, het in 2006 in ‘n vliegongeluk gesterf.

  • Suid-Afrika groet ‘n geniale sakeman wat gedurende die 1980’s en 1990’s diep spore in die land se toerismebedryf en ekonomiese ontwikkeling getrap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button