
Dit is dus baie duidelik dat die virus baie vinnig versprei en in die lig hiervan word mense aangespoor om sosiale distansiëring strenger toe te pas.
Daar word steeds in spanning gewag om te hoor of daar enige drastiese stappe geneem gaan word om die virus te probeer stuit. Daar word egter reeds bespiegel dat daar moontlik ‘n opdrag kan volg vir alle Suid-Afrikanes om vir twee weke te self isoleer. Dit is nog nie bevestig nie, maar as daar na die doodsyfers in ander lande gekyk word, asook die stappe wat gevolg word om die virus te probeer stuit, is dit nie te ver gesog nie.
In totaal regoor die wêreld is tot dusver 350 667 Covid-19 gevalle. Dit sluit ‘n totaal van 15 321 sterfes in en 100 569 lyers wat herstel het.
China het steeds die meeste gevalle (81 093), wat 3 270 sterftes insluit en 72 703 wat herstel het. Daar is steeds 5 120 aktiewe gevalle.
Italië het die tweede meeste gevalle (59 138), maar die hoogste sterftesyfer 5 476 en 7 024 gevalle wat herstel het. Daar is steeds 46 638 aktiewe gevalle.



