NewsBreaking News

DBV het plan in plek vir diere

VEREENIGING. – Die Vereeniging en Vanderbijlpark Dierbeskermingsvereeniging (DBV) sê daar is ’n plan in plek om na diere in die DBV se sorg om te sien tydens die inperking wat Donderdagaand om middernag in werking sal tree en tot 16 April sal duur. Volgens Marlien de Klerk, bestuurder by die DBV, sal daar twee staflede …

VEREENIGING. – Die Vereeniging en Vanderbijlpark Dierbeskermingsvereeniging (DBV) sê daar is ’n plan in plek om na diere in die DBV se sorg om te sien tydens die inperking wat Donderdagaand om middernag in werking sal tree en tot 16 April sal duur.

Volgens Marlien de Klerk, bestuurder by die DBV, sal daar twee staflede by die DBV se Vanderbijlpark-tak en twee staflede by die DBV se Vereeniging-tak bly om na die diere om te sien.

“Die DBV se hoofkantoor het gevra vir uiklaring of ons wel onder noodsaaklike nooddienste (“essential emergency services” val.

“Ons gaan wel toe wees vir die publiek gedurende die tydperk van inperking maar ons gaan wel nog steeds na ons diere omsien en die publiek kan ons noodfoon skakel. Ons sal waarskynlik toegelaat word om te help in noodgevalle. Ons soek net finale bevestiging,” sê De Klerk.

Volgens De Klerk is daar op die oomblik kos vir diere maar enige skenkings word verwelkom.

“Ons wil ook seker maak dat die personeel wat op die perseel agter bly darem genoeg kos het om hulle vir die tydperk te hou.”

Mense kan tot en met Donderdagmiddag 16:00 nog die DBV by 016 422 1505 kontak, of stuur ’n e-pos aan info@spca-ver.co.za of manager@spca-ver.co.za.

Sodra die inperking in werking tree sal slegs die DBV se noodnommer 083 292 5862 in werking wees.

Die DBV het ‘n plan in plek om gedurende die inperking na diere om te sien. Hier is die DBV se Vereeniging-span met Leila, ‘n Duitse herdershond wat voorheen ‘n polisiehond was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button