Local newsNewsNews

Drie plaaslike skole aangewys vir haweloses

Baie mense het gewonder wat die lot van haweloses sou wees tydens die 21 dae landswye "lockdown" periode. Die antwoord is dat daar 30 skole in Gauteng geïdentifiseer is, waarvan hul koshuise nou 'n veilige "tuiste" vir haweloses sal word.

In die Vaal (Sedibeng) is Geneneral Smuts High en Phoenix High geïdentifiseer vir hierdie doel, en in Vanderbijlpark is Hoërskool Vanderbijlpark gekies. Daar is egter steeds vrae rondom hierdie besluit, aangesien slegs General Smuts oor koshuise beskik.

Hoe dit ookal sy, hierdie besluit is gedoen met die hoofrede om Covid-19 se verspreiding te beveg en alle landsburgers se veiligheid word in ag geneem.

Kort na die aankondiging was daar van oral kommer oor die veiligheid van die kinders wat weer een of ander tyd na die skole sal moet terugkeer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button