Photo GalleriesSportSportSport

Sportmal Dokkie reik na die sterre

Ettienne van Rensburg MEYERTON. – “Throwers don’t have finish lines.” Dit is die leuse en brandstof wat die 17-jarige Juanita de Necker tot nuwe hoogtes aanspoor. Die bedrewe veldatleet van die Hoërskool Dr. Malan het vroeër vanjaar ‘n rare prestasie behaal toe sy vir die vyfde agtereenvolgende jaar as die Victrix Ludorum by die D7-Inthoër …

Ettienne van Rensburg
MEYERTON. – “Throwers don’t have finish lines.” Dit is die leuse en brandstof wat die 17-jarige Juanita de Necker tot nuwe hoogtes aanspoor.
Die bedrewe veldatleet van die Hoërskool Dr. Malan het vroeër vanjaar ‘n rare prestasie behaal toe sy vir die vyfde agtereenvolgende jaar as die Victrix Ludorum by die D7-Inthoër aangewys is.
“Wat ’n fantastiese pad en ervaring was die afgelope vyf jaar nie. Vanjaar is my jaar. My afstande verbeter by die dag en daarom dink ek was my kanse goed by vanjaar se SA’s.
“Ek het so uitgesien na die vliegtuigrit en die adrenalien van die SA’s … dis my kos daai, maar die geleentheid is deur ’n Hoër Hand afgestel.”
Sy is ook geen vreemdeling vir die wennerspodium nie, of sy nou aan ‘n gewigstootbal, ‘n diskus of spies raak, die eindresultaat is min of meer dieselfde. ‘n Goue medalje of ‘n rekordpoging is altyd in sig.
Haar suksesresep is eenvoudig.

“My hele lewe draai om die sportveld. Ek glo dat wat jy insit sal jy uitkry. As my liggaam tekens van moegheid begin toon, weet ek ek is 50% van die finale produk af.”
Sy is ook ‘n selferkende natuurliefhebber wat lewenskrag uit die natuur put.
“Ek is kamp mal. So saam met my familie en die res van die kampmalles kry ek om ‘n kampvuur krag vir nog ‘n dag, maand of jaar,” sê die lewenslustige blondine.
Sy is ook ‘n kranige wilgerlatswaaier wat grenshoue links en regs moker. Sy speel sedert graad 8 vir haar skool se eerste span en is ook ‘n netbalspeler van formaat.
Sy sou vanjaar aan die Gauteng kampioenskap deelgeneem het, maar dit is weens die koronavirus afgestel.
Maar sy laat haar nie onderkry nie.
“Ek werk hard om my land by die Junior Wêreldkampioenskap te verteenwoordig. Ek is ’n individualis. Alhoewel ek in spanverband ook deelneem, hou ek daarvan om teen myself met beter afstande te kompeteer. Die beloning is dan net soveel groter en beter,” sê sy.
Wat haar toekomsplanne betref, wil sy graag in die buiteland gaan studeer om haar atletiekloopbaan te bevorder.
“Ek wil in die toekoms graag atlete afrig. Veral in Suid-Afrika waar ons sport nog baie kan ontwikkel.”

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button