NewsBreaking News

Kragonderbrekings: Inwoners van Leeuhof staar ‘n onsekere 21 dae in die gesig

VEREENIGING. – Inwoners van Leeuhof staar ’n onsekere drie weke in die gesig met die staat van inperking wat vanaand om middernag in werking tree. Verskeie inwoners het die afgelope week gekla oor kragonderbrekings in die gebied. Hoewel inwoners tans elektrisiteit het weet hulle nie hoe lank dit gaan wees voor die krag weer afgaan …

VEREENIGING. – Inwoners van Leeuhof staar ’n onsekere drie weke in die gesig met die staat van inperking wat vanaand om middernag in werking tree. Verskeie inwoners het die afgelope week gekla oor kragonderbrekings in die gebied.

Hoewel inwoners tans elektrisiteit het weet hulle nie hoe lank dit gaan wees voor die krag weer afgaan nie. Volgens Mercia Els, ‘n inwoner, is die krag die afgelope twee weke aan en af met geen verduideliking oor wat verantwoordelik is vir die probleem nie.

“Hulle het gesê dit gaan oor ‘n transformator wat die gees gegee het maar ons as inwoners voel dat die probleem uitgesorteer moet word voor die staat van nasionale inperking (om middernag vanaand) in werking tree.

“Ons is keelvol vir die kragonderbrekings en al ons kos het reeds bederf,” het Els in ‘n brief aan Vaalweekblad geskryf.

“Leeuhof is ‘n arm gemeenskap en sonder hulp gaan dit ‘n moeilike drie weke wees,” sê Els.

Volgens Stanley Mashabela, raadslid van Wyk 15 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, hou probleme inderdaad verband met ’n transformator by die DS substasie wat die gees gegee het.

Hoewel daar nou ‘n nuwe transformator is duur kagonderbrekings volgens Mashabela voort. Volgens hom word daar tans gekyk na die oorsaak van die probleme.

Volgens Mashabela lei die gebrek aan instandhouding ook tot probleme wat met krag ondervind word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button