Photo GalleriesSportSportSport

Super-aksie by Mini-spele

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Emfulenipark het onlangs die Super Emmie Mini-spele aangebied. Die Emmie Kleutertuin, Kabouter Kampus en Pika-Nini Kleuterskool se Gr. RR en Gr. R’e het aan die byeenkoms deelgeneem. Die reën, nat atletiekveld en koue het hulle nie gekeer nie, want ‘n boer maak ‘n plan. Al die items is in ‘n japtrap …

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Emfulenipark het onlangs die Super Emmie Mini-spele aangebied.
Die Emmie Kleutertuin, Kabouter Kampus en Pika-Nini Kleuterskool se Gr. RR en Gr. R’e het aan die byeenkoms deelgeneem. Die reën, nat atletiekveld en koue het hulle nie gekeer nie, want ‘n boer maak ‘n plan.
Al die items is in ‘n japtrap na die saal geskuif. Die jongspan het aan naellope, hekkies, middelafstande, stap, gewigstoot, hoogspring, spiesgooi, “hopscotch” en bak-en-brou deelgeneem.
Die atlete was almal wenners in eie reg en het elkeen ‘n goue medalje ontvang, want die byeenkoms se leuse was: “Jou beste is goed genoeg”.

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button