Local newsNewsNews
Vaal gholfklubs word steeds in stand gehou
SEDIBENG. - Alles het tot stilstand gekom! Of laat ons dit so stel, dit is hoe dit eintlik moet wees. Diegene wat nie gehoor gee aan die nasionale 21-dag inperking (lockdown) nie, stel hul eie lewens, asook die van ander in gevaar.
Die Covid-19 wat regoor die wêreld reeds duisende lewens (sowat 37 830) geëis het, is nou eers in Fase 2 in Suid-Afrika. Na verwagting sal die aantal Covid-19 gevalle aansienlik toeneem net soos in ander lande. Die beste raad is steeds: was gereeld jou hande en bly by jou huis.
Die plaaslike gholfklubs het almal hul deure gesluit as ondersteuning om die virus se verspreiding te probeer stuit. Die bane is stil en gholfkarretjies staan! Daar kan darem genoem word dat die instandhouding gedoen word en dat die bane gereed vir spelers sal wees as die gevaar van die virus eendag verby is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



