Local newsNewsNews

Vaal gholfklubs word steeds in stand gehou

SEDIBENG. - Alles het tot stilstand gekom! Of laat ons dit so stel, dit is hoe dit eintlik moet wees. Diegene wat nie gehoor gee aan die nasionale 21-dag inperking (lockdown) nie, stel hul eie lewens, asook die van ander in gevaar.

Die Covid-19 wat regoor die wêreld reeds duisende lewens (sowat 37 830) geëis het, is nou eers in Fase 2 in Suid-Afrika. Na verwagting sal die aantal Covid-19 gevalle aansienlik toeneem net soos in ander lande. Die beste raad is steeds: was gereeld jou hande en bly by jou huis.

Die plaaslike gholfklubs het almal hul deure gesluit as ondersteuning om die virus se verspreiding te probeer stuit. Die bane is stil en gholfkarretjies staan! Daar kan darem genoem word dat die instandhouding gedoen word en dat die bane gereed vir spelers sal wees as die gevaar van die virus eendag verby is.

Alles het tot stilstand gekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button