Local newsNewsNews

VF Plus-Emfuleni skenk duisend liter ontsmettingsmiddel aan Vanderbijl-gesinne

VANDERBIJLPARK. - Met die aankondiging van die 21-dae nasionale inperking het ontsmettingsmiddels regoor die land soos soetkoek uitverkoop. Dit het baie mense moedeloos gelaat, maar hier in ons dorp het die VF Plus 'n helpende hand uitgereik.

Die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het ‘n dag voor die nasionale inperking ontsmettingsmiddels aan 300 huisgesinne in Vanderbijlpark voorsien.

Die duisend liter hand- en oppervlakreiniger is deur ʼn plaaslike onderneming Value Cleaner aan die VF Plus geskenk vir die verspreiding onder hoofsaaklik minderbevoorregte gesinne wat nie ontsmettingsmiddels kan bekostig nie.

“Ons kon aan sowat 156 huisgesinne in die CW5-laekoste behuisingsprojek, en 150 gesinne wat op kleinhoewes aan die suide van Vanderbijlpark woon ontsmettingsmiddels verskaf,” sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit. Elk van bogenoemde huishoudings het ‘n 400ml bottel ontsmettingsmiddel ontvang.

“Die VF Plus is gereeld by opheffingswerk en noodprojekte in Emfuleni betrokke en sal aanhou om die belange van inwoners eerste te stel,” het Senekal afgesluit.

Raadslid Gerda Senekal (links voor) was persoonlik betrokke met die uitdeel van die ontsmettingsmiddels. Foto: Facebook

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button