(Geborgde inhoud soos verskaf deur Cormed Privaat Hospitaal)
Cormed Privaat Hospitaal in Vanderbijlpark het ‘n isolasie-toetsstasie in plek waar vermoedelike pasiënte in isolasie deur hul dokter ondersoek kan word en die toets vir die Koronavirus gedoen word.
Indien ‘n pasiënt vermoed dat hy met die Koronavirus (Covid-19) besmet is, mag hulle glad nie die hospitaal binnekom nie.
Die kriteria vir die toets sluit in ‘n hoë koors van bo 38 grade Celsius en ‘n droë hoes; as jy met ‘n persoon wat positief getoets is vir Covid-19 in aanraking was; of een van die hoërisiko areas besoek het.
Indien jy vermoed dat jy moontlik die virus opgedoen het, skakel hierdie nommer (016) 981 8080/1/2. Ons sal dan ‘n tyd met die dokter en die pasiënt reël. Die pasiënt bel weer die hospitaal vanaf sy selfoon sodra hy hier is. Ons dames by ontvangs maak telefonies vir hom ‘n lêer oop en die dokter neem dan die lêer en ondersoek die pasiënt in isolasie. Personeel van Pathcare sal daarna die toets doen en die dokter laat weet wat die uitslag is. Die pasiënt moet hom intussen isoleer van ander mense.
Cormed is ‘n familievriendelike hospitaal waar ons nog nooit streng besoektye toegepas het nie, maar weens die ernstigheid van die virus is alle besoek-ure tans opgeskort. Mense wat siekes na die hospitaal vergesel het, moet buite wag en nie die hospitaalperseel onnodig betree nie.
Indien ‘n minderjarige kind ingebring word, mag hy of sy slegs deur een ouer vergesel word.
Daar is ontsmettingsmiddels vir die hande by alle ingange en deure na sale beskikbaar. Persone word versoek om hul hande te sproei wanneer hulle in- en uitgaan.
Die dokters sien net hul eie pasiënte hier in isolasie. Indien iemand Na-ure gebruik, word hulle ‘n masker by ontvangs gegee.
Hierdie is tans die maatreëls wat in plek gestel is. Indien nodig sal daar moontlik later verdere maatreëls toegepas word.
(Hou Vaalweekblad en Ster Facebook dop vir enige veranderinge wat dalk mag volg).
Cormed se bouwerk vorder fluks!
Cormed Hospitaal het tans 32 beddens wat die kraamsaal en hoësorg-eenheid insluit. Nadat die hospitaal klaar gebou is, sal daar altesaam 68 beddens wees.
Die nuwe parkeer area behoort teen middel April klaar te wees, die Ontvangsarea teen die einde van April en die eerste fase (die nuwe deel wat nou aangebou word) einde van Junie. Cor Cafe sal aan die einde van September klaar wees en gaan baie groter wees as voorheen.
Daarna gaan Cormed aan die huidige hospitaal begin bou en breek. Cormed sal regdeur die verbouing en verbrekings oop wees soos gewoonlik.
Jammer vir die ongerief maar dit gaan uiteindelik die moeite werd wees!
************************
Uploaded by Retha Fitchat – 31 March 2020



