NewsNews

2 April: SA Covid-19 gevalle tans 1 380

Suid-Afrika se Covid-19 gevalle word steeds stadig maar seker meer en meer. Die huidige aantal is 1 380 (die vorige aantal was1 353). Die virus het reeds vyf lewens geëis. Daar is nog 1 317 aktiewe gevalle, waarvan sewe kritiek is en 50 lyers reeds herstel. (Al hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Daar is tans regoor die wêreld 936 505 gevalle (gister was dit 859 770), wat 47 253 sterftes insluit (gister was dit 42 340). Tot dusver het 194 599 herstel (gister was die aantal 178 335). Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 203 lande gaan gebuk onder die virus.

Covid-19 getalle regoor die wêreld wat ergste gebuk gaan onder Covid-19 (getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA is tans die meeste Covid-19 gevalle – 215 300 (vorige getal was 188 592)  wat 5 110 sterftes insluit en 8 878 wat herstel het. Daar is nog  291 312 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  110 574 gevalle (vorige getal 105 792), wat 13 155 sterftes insluit en 16 847 wat herstel het. Daar is nog 80 572 aktiewe gevalle.

In Spanje is daar nou 104 118 (vorige getal 95 923), wat 9 387 sterftes insluit en 22 647 wat herstel het. Daar is tans nog 72 084 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 554 gevalle (dieselfde as gister – vorige getal 81 554),  wat 3 312 sterftes insluit en 76 238 wat herstel het. Daar is tans nog 2 004 aktiewe gevalle.

In Duitsland is daar nou 77 981  (vorige getal 71 808), wat 831 sterftes insluit en 18 700 wat herstel het. Daar is nog 58 350 aktiewe gevalle.

In Frankryk is daar nou  56 989 gevalle (vorige getal 52 128), wat 4 032 sterftes insluit en 10 935 wat herstel het. Daar is nog 42 022 aktiewe gevalle.

In Iran is daar nou 47 593 gevalle (vorige getal 44 904), wat 3 036 sterftes insluit en 15 473 wat herstel het. Daar is nog 29 084 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button