NewsNews

Kyk hoe vervalle lyk Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. - Dit is nou een week later nadat die 21-dae nasionale inperking van toepassing is. Die meeste winkels in die middedorp is toe, maar daar is nog baie mense wat in die dorp rondloop. Boonop lyk die strate gehawend.

Hoewel daar op sekere plekke in die dorp skoonmakers besig was om te probeer opruim, het die verlate strate die vervalle en vuil toestand van die dorp behoorlik beklemtoon. Oral lê gemors rond en onkruit floreer!

Kom ons hoop dat daar wel aandag aan hierdie probleem gegee sal word. Vaalweekblad sal binnekort weer deur die dorp ry om te kyk of die vullis opgeruim of meer word.

Vanderbijlpark: nie heeltemal verlate soos wat dit moet wees nie, maar baie vervalle. Foto: Elsje Vermeulen
Daar is nog heelwat mense in die dorp. Party wag in rye by winkels/apteke terwyl ander rondsit. Foto: Elsje Vermeulen
Die meeste winkels in Vanderbijlpark is gesluit, maar daar is steeds baie lewe in die dorp. Foto: Elsje Vermeulen
In een van die systrate net buite die middedorp. Foto: Elsje Vermeulen

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button