3 April: Wêreldwye Covid-19 infeksies verby 1 miljoen kerf
Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is verby die 1 miljoen kerf en het reeds in totaal 53 231 lewens geëis. Daar het wel 212 995 pasiënte van die virus herstel, maar dit is nie genoeg om op te maak vir die verwoesting en hartseer wat deur die virus veroorsaak word nie.

Suid-Afrikaners weet al ‘n geruime tyd wat die stand van sake in ander lande is, maar steeds word die regering se ingestelde reëls verontagsaam. Dit sal streng dissipline verg om die virus se verspreiding te bekamp, veral nadat daar reeds positief-getoetste gevalle in digbevolkte areas soos die Alexandra-plakkerskamp naby Johannesburg, asook Khayalitsha in die Wes-Kaap is.
Suid-Afrika se Covid-19 amptelike positief-getoetste gevalle is nou 1 462 (die vorige aantal was 1 380). Die virus het reeds vyf lewens geëis. Daar is nog 1 407 aktiewe gevalle, waarvan sewe kritiek is en 50 lyers reeds herstel. (Al hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).
Daar is tans regoor die wêreld 1 016 150 gevalle (gister was dit 936 505), wat 53 231 sterftes insluit (gister was dit 47 253). Tot dusver het 212 995 herstel (gister was die aantal 194 599). Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 204 lande gaan gebuk onder die virus.
Covid-19 getalle regoor die wêreld wat ergste gebuk gaan onder Covid-19 (getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 245 341 (vorige getal was 215 300) wat 6 095 sterftes insluit en 10 403 wat herstel het. Daar is nog 228 843 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 115 242 gevalle (vorige getal 110 574), wat 13 915 sterftes insluit en 18 278 wat herstel het. Daar is nog 83 049 aktiewe gevalle.
In Spanje is daar nou 112 065 (vorige getal 104 118), wat 10 348 sterftes insluit en 26 743 wat herstel het. Daar is tans nog 74 974 aktiewe gevalle.
Duitsland het ook nou by China verby gesteek met 84 794 gevalle (vorige getal 77 981), wat 1 107 sterftes insluit en 22 440 wat herstel het. Daar is nog 61 247 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 81 620 gevalle (vorige getal 81 554), wat 3 322 sterftes insluit en 76 571 wat herstel het. Daar is tans nog 1 727 aktiewe gevalle.
In Frankryk is daar nou 59 105 gevalle (vorige getal 56 989), wat 5 387 sterftes insluit en 12 428 wat herstel het. Daar is nog 41 290 aktiewe gevalle.
In Iran is daar nou 50 468 gevalle (vorige getal 47 593), wat 3 160 sterftes insluit en 16 711 wat herstel het. Daar is nog 30 597 aktiewe gevalle.



