4 April: Inperkings in ander lande word verleng
Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 118 304 (gister was dit 1 016 150) en het reeds 59 221 lewens geëis (gister was dit 53 231). Daar het 229 245 herstel (gister was die aantal 212 995), maar dit maak ongelukkig nie die impak wat die virus op die wêreld het beter nie. Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 205 lande gaan gebuk onder die virus.

Daar is intussen in Suid-Afrika op ‘n grootskaalse toetsing in veral digbevolkte areas begin en dit kan veroorsaak dat die SA-syfers binnekort aansienlik meer sal wees. Regoor die wêreld is inperking verleng, sommige is so ‘n mate dat daar nie eers ‘n datum aan gekoppel word nie. Die enigste wyse wat die virus gestuit kan probeer word in SA, is as mense saamwerk en aan die inperkingreëls gehoor gee.
Suid-Afrika se Covid-19 amptelike positief-getoetste gevalle is nou 1 505 (die vorige aantal was 1 462), waarvan 7 kritiek is. Die virus het reeds 9 lewens geëis, terwyl 95 lyers herstel het. Daar is nog 1 401 aktiewe gevalle. Meer as 50 399 mense is reeds getoets. (Al hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 277 522 (vorige getal was 245 341) wat 7 403 sterftes insluit en 12 283 wat herstel het. Daar is nog 257 836 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 119 827 gevalle (vorige getal 115 242), wat 14 681 sterftes insluit en 19 758 wat herstel het. Daar is nog 85 388 aktiewe gevalle.
In Spanje is daar nou 119 1995 (vorige getal 112 065), wat 11 198 sterftes insluit en30 513 wat herstel het. Daar is tans nog 77 488 aktiewe gevalle.
Duitsland het is nou vierdie op die lys met 91 159 gevalle (vorige getal 84 794), wat 1 275 sterftes insluit en 24 575 wat herstel het. Daar is nog 65 309 aktiewe gevalle.
Frankryk het ook nou meer as China met 82 165 gevalle (vorige getal 59 105), wat 6 507 sterftes insluit en 14 008 wat herstel het. Daar is nog 61 650 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 81 639 gevalle (vorige getal 81 620), wat 3 326 sterftes insluit en 76 755 wat herstel het. Daar is tans nog 1 558 aktiewe gevalle.
In Iran is daar nou 53 183 gevalle (vorige getal 50 468), wat 3 294 sterftes insluit en 17 935 wat herstel het. Daar is nog 31 954 aktiewe gevalle.



