7 April: Gauteng het steeds meeste Covid-19 gevalle
Suid-Afrika se sterftes weens Covid-19 is nou 12 (die laaste sterfte was 'n 57-jarige man van die Wes-Kaap). Die postief-getoetste gevalle hou aan groei en staan nou op 1 686 (31 nuwe gevalle). Daar het intussen 95 lyers herstel, maar daar is nog 1 579 aktiewe gevalle. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Gauteng het steeds die meeste gevalle met 713, gevolg deur die Wes-Kaap 462, KwaZulu-Natal 257, Vrystaat 89, Oos-Kaap 32, Limpopo 19, Mpumalanga 18, Noordwes 11, Noord-Kaap 8. Daar is 77 gevalle wat nie toegeken is aan ‘n provinsie nie.
Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 347 689 (gister was dit 1 274 904) en het reeds 74 783 lewens geëis (gister was dit 69 496). Daar het 286 463 herstel (gister was die aantal 265 863), maar dit maak ongelukkig nie die impak wat die virus op die wêreld het beter nie. Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 209 lande gaan gebuk onder die virus (een land het bygekom op die lys sedert gister).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 367 650 (vorige getal was 336 830) wat 10 943 sterftes insluit en 19 810 wat herstel het. Daar is nog 336 897 aktiewe gevalle.
Spanje het nou 136 675 gevalle (vorige getal was 131 646), wat 13 341 sterftes insluit en 40 437 wat herstel het. Daar is tans nog 82 897 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 132 547 gevalle (vorige getal 128 948), en die hoogste sterftesyfer van 16 523. Daar het 22 837 herstel. Daar is nog 93 187 aktiewe gevalle.
Duitsland het 103 3753 gevalle (vorige getal 100 123), wat 1 800 sterftes insluit en 36 981 wat herstel het. Daar is nog 65 484 aktiewe gevalle.
Frankryk het nou 98 010 gevalle (vorige getal 92 839), wat 8 91 sterftes insluit en 17 250 wat herstel het. Daar is nog 71 849 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 81 740 gevalle (vorige getal 81 708), wat 3 331 sterftes insluit en 77 167 wat herstel het. Daar is tans nog 1 242 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is van vorige aantal 1 299).
In Iran is daar 60 500 gevalle (vorige getal 58 226), wat 3 739 sterftes insluit en 24 236 wat herstel het. Daar is nog 32 525 aktiewe gevalle.
In die Verenigde Koninkryk is daar 51 608 gevalle (vorige getal 47 807), wat 5 373 sterftes insluit en 135 herstel het. Daar is nog 46 100 aktiewe gevalle.



